West End, Londen

Piccadilly Circus – die hart van die West End met sy befaamde neon- en LED-reklame

Die West End of London (meestal net West End genoem) is 'n stadsdeel in Sentraal-Londen waar baie van die Britse hoofstad se bekendste toeriste-aantreklikhede, winkels, besighede, regeringsgeboue en vermaaklikheidsplekke geleë is (insluitende West End se teaters).

Die term West End het in die vroeë 19de eeu gebruiklik geword om na gesogte buurte wes van Charing Cross te verwys.[1] In verband met strategiese beplanningsdoeleindes word na die gebied in die sogenaamde London Plan as een van twee "internasionale sentrums" verwys.[2]

Terwyl die City of London of Square Mile die finansiële distrik van Londen is, het die West End tot die sentrale besigheidsdistrik en vermaaklikheidsbuurt ontwikkel. Dit is die grootste sakedistrik in die Verenigde Koninkryk, vergelykbaar met Midtown Manhattan in New York, Tokio se Shibuya-distrik of die 8ste arrondissement in Parys. Wat huurbare kantoorruimte betref, het die West End in Desember 2013 by Tokio verbygesteek om die duurste plek ter wêreld te word.[3]

  1. A. Mills: Oxford Dictionary of London Place Names, 2001
  2. "Greater London Authority: The London Plan: The Sub Regions" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Junie 2011. Besoek op 29 Augustus 2014.
  3. "CBRE.com: Global Prime Office Occupancy Costs Continue to Rise". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2014. Besoek op 29 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search